Tanzaniese vrou glo met dwelms op Swakopmund vasgetrek

‘n Wenk het gelei tot die vinnige inhegtenisneming van ‘n Tanzaniese burger vir die handel in en besit van dwelms in Mondesa, Swakopmund. Die 29-jarige Tanzaniese vrou is in hegtenis geneem vir die besit van 36 gram kokaïen ter waarde van 21 600 Namibiese dollar. Volgens die woordvoerder van die Erongo-polisie, inspekteur Ileni Shapumba, het die arrestasie gevolg nadat die polisie inligting ontvang het oor die vrou wat handel dryf in dwelms. Hy sê aan Kosmos 94.1 Nuus as die gemeenskap aanhou om saam met die polisie saam te werk, sal hulle meer suksesse hê.