Transnet: Bewys dat eenheid van werkers ondermyn word

Die Suid-Afrikaanse arbeidsontleder Terry Bell sê die Transnet-staking beklemtoon hoe die kern en beginsel van vakbonde, naamlik eenheid van werkers, dikwels geïgnoreer en ondermyn word. Die semistaatsinstelling het vakbonde ‘n driejaar-salarisaanbod gemaak. Dit sluit in ‘n algemene verhoging van 4,5 persent in die huidige jaar. Werkers hou egter by hulle eis van ‘n salarisverhoging van 12 en 13 persent. Bell sê die uitkring-effek van die Transnet-geskil kan massiewe skade aanrig: