Nog ‘n massaskietvoorval in die VSA

Vyf mense, insluitend ‘n polisiebeampte wat van diens was, is in ‘n skietery in Raleigh, Noord-Carolina in Amerika dood. ‘n Verdagte het met ‘n geweer langs ‘n staproete losgebrand. Die burgemeester van Raleigh, Mary-Ann Baldwin, sê dis ‘n tragiese dag vir die stad en dringend noodsaaklik om vuurwapengeweld aan te spreek. Die skietery is die jongste in ‘n gewelddadige week in Amerika.  Vyf mense is Sondag in Suid-Carolina doodgeskiet en twee polisiebeamptes Woensdagnag in Connecticut.