Transnet: 127 000 werkers bedreig deur die staking in die Kaap

Die Wes-Kaapse LUR vir Finansies en Ekonomiese Geleenthede, Mireille Wenger, sê ‘n langdurige staking deur Transnet-werkers sal die ekonomie ernstig skaad, veral in ‘n tyd wanneer werk geskep moet word. Die formele sektor in die Wes-Kaap het meer as 127 000 mense in die diens en die produkte wat geproduseer of vervaardig word, word deur die hawe van Kaapstad uitgevoer. Wenger sê alle pogings moet aangewend word om te verseker Transnet se sakekontinuïteitsplanne word volledig geïmplementeer, om te verseker die hawens en houerterminale bly funksioneer: