Cran sê Nored werk aan MTC-probleem in Kavango

Die Namibiese Kommunikasie-owerheid Cran het te kenne gegee dat MTC se dienste tans af is in die Kavango Wes- en Oos-streke. Dit volg na NamPower te kenne gegee het dat daar ‘n kragonderbreking tussen Sondag- en Maandagoggend plaasgevind het op ‘n transformator. Maar, dit blyk om steeds ‘n uitdaging vir te wees vir drie van MTC se persele. Cran sê Nored se tegnikusse werk op die oomblik aan die probleem.