TransNamib-werkers begin met staking

Die staking by TransNamib het vanmiddag om een uur begin. Dit is bevestig deur TransNamib se woordvoerder, Abigail Rautenbach. Die maatskappy se uitvoerende hoof Johny Smith, het reeds te kenne gegee dat daar geen fondse is vir ‘n verhoging nie en dat stakende werkers geen betaling sal ontvang nie. ‘n Gebeurlikheidsplan is ook reeds in plek.