Bylmoordenaar skuldig bevind aan ses klagte

Die man wat in 2018 ’n boer van die Otjimbingwe-omgewing met ’n byl doodgeslaan en die oorledene se vrou verkrag en ontvoer het, is vanoggend in die Windhoekse hoërhof in skuldig bevind. Kazana Hausiku is aan ses klagte skuldig bevind, naamlik moord, verkragting, ontvoering, roof met verswarende omstandighede, die bestuur van ’n voertuig sonder ’n lisensie asook roekelose en/of nalatige bestuur. Regter Naomi Shivute het die saak tot 12 September uitgestel vir finale betoë voor vonnisoplegging.