Verkeersopeenhopings by Finkenstein weens brand

Brandbestryders veg nog steeds teen die veldbrand aan die ooste van die hoofstad wat Dinsdag by Avisdam uitgebreek het. Die brand is nou in die omgewing van die Finkenstein-landgoed. Daar is tans ‘n groot verkeersopeenhoping by Finkenstein. Motoriste word gewaarsku oor die rookwolke op die pad na die Internasionale Lughawe Hosea Kutako wat sig kan belemmer. Marshal Ranger Sean Naude is aan die woord.