Taliban moet terreur voorkom – VN

Die Verenigde Nasies doen ‘n beroep op Taliban-owerhede om stappe te doen om alle vorms van terrorisme in Afghanistan te voorkom. Dit volg nadat ‘n reuse-ontploffing ‘n volgepakte moskee in die hoofstad Kaboel geruk het. Meer as 20 mense is dood en 33 is beseer. Dit is nie duidelik wie agter die aanval sit nie. Die VN sê ‘n uiters donker toekoms wag op Afgane as die internasionale gemeenskap nie meer doen om seker te maak die Taliban verander sy modus operandi en kom sy menseregte-verpligtinge na nie.