TransNamib: Te veel verhogings met miljarde in verliese

TransNamib sê salarisverhogings en voordele wat oor die jare aan personeel toegeken is, het bygedra tot sy benarde finansiële posisie. Die aankondiging kom met die nuus dat die maatskappy tussen 2010 en 2017 steeds verhogings van tussen 6 en 10 persent jaarliks toegeken het terwyl daar opgehoopte verliese van meer as 4 miljard Namibiese dollar aangeteken is. Verder, die betaalstaat van die maatskappy het 80 persent van sy totale inkomste verteenwoordig. Die implikasies van ‘n onvolhoubare loonrekening is verreikend en die maatskappy sukkel veral om instandhoudingswerk te doen. Werkers staak op die oomblik vir verhogings wat die bestuur reeds aangedui het, onmoontlik is. Die huidige uitvoerende hoof van die maatskappy Johny Smith is op 1 Februarie 2018 aangestel.