Mecki-hulle reis op die oomblik die land vol, beleggings vorder uitstekend

Die voorsitter van die Beesvleis Waardekettingsforum, Mecki Schneider, hulle uitreikprogram regoor die land vorder baie goed. ‘n Totaal van 39 produsente het op die eerste dag van die nuwe beleggingsvenster, 19 Augustus, ‘n verdere 12,258 miljoen Namibiese dollar belê. Die huidige venster, waar 54 miljoen dollar se belegging beskikbaar is, is oop tot 9 September. Tot op hede, het die forum 158,3 miljoen dollar ingevorder. Schneider en sy beleggers en sakevennote wil deur middel van Savanna Beef Processors ‘n nuwe verslagtingsaanleg op die been bring wat waarde toevoeg aan plaaslike beesvleis voor dit uitgevoer word. Op die oomblik voer Namibië net grootmaat snitte uit en al die verwerking word deur maatskappy in Brittanje en die EU gedoen, voor die produk ten duurste verkoop word. Schneider gesels met Kosmos 94.1 Nuus.