Stad Whk se bestuurskomitee is ontbind, nuwe een vanaand verkies

Die chaos by Stad Windhoek duur voort. Die stad se IPC-gedomineerde bestuurskomitee is ontbind ná die mislukking van ‘n dringende hofaansoek om ‘n mosie van wantroue tersyde te stel. Die Landless People’s Movement se Ivan Skrywer sê die stadsraad sal vanaand om half-ses ‘n vergadering hou om nuwe lede vir die bestuurskomitee te verkies. Die wet rakende die plaaslike owerheid maak dit baie duidelik dat by ‘n vergadering waar ‘n mosie van wantroue bespreek word, daardie vergadering ‘n spesiale raadsvergadering moet belê waar ‘n nuwe bestuurskomitee verkies word.