TransNamib: Smith sal later sê oor staking

Die hoof uitvoerende beampte van TransNamib, Johny Smith wou geen kommentaar lewer oor die beplande betogings by die maatskappy wat werknemers sê daagliks sal plaasvind tot oplossings bereik is. Die betrokke vakbond Natau het ook aan plaaslike media gesê die bestuur van die maatskappy moet bedank. Smith sê die publiek sal teen vanmiddag al die nodige inligting hê.