Geingob gesels met Belgiese premier

President Hage Geingob het in New York ontmoet met die Belgiese eerste minister Alexander de Croo en beleggings en die twee lande se bilaterale verhouding is bespreek. Luidens ‘n verklaring, sê die Namibiese Presidensie dat klimaatsverandering ook bespreek is en dat groen-waterstof energiebronne deel gevorm het van daardie bespreking. De Croo het ook sy regering se verbintenis om ‘n entstof-vervaardigingsaanleg op die vasteland te ontwikkel. Die 76ste sessie van die VN se Algemene Vergadering sal na verwagting vandag ten einde loop.