Ryderbeker: McIllroy voel verantwoordelik

Die voormalige wêreld nommer-een, Rory Mcllroy, sê hy moes meer gedoen het vir Span Europa in die Ryderbeker-kompetisie. Europa het sy ergste nederlaag in die geskiedenis van die kompetisie gely toe Span VSA gister in die enkelspel beïndruk en ‘n oorwinning van 19-9 op Whistling Straits beklink het. Mcllroy sê hy voel hy het sy spanmaats in die steek gelaat met sy vertoning. Hy het beloof om te verbeter en nog vele kere in hierdie geskiedkundige kompetisie te verskyn: