TransNamib sal eers oor twee maande weet oor veilings

Dit sal nog ‘n geruime tyd neem voor TransNamib presies sal weet wat sy verdienste is met die veilings wat hy op die oomblik hou. Die maatskappy poog om die tekort van 2,5 miljard Namibiese dollar wat hy het vir die implementering van sy omkeerstrategie so in te win. Intussen sê die maatskappy se woordvoerder Abigail Raubenheimer dat die veilings voortduur en dat bedrywighede hervat het na die staking beëindig is.