Gauteng se misdaadsyfers misken die misdaad teen boere

Die DA in Gauteng sê die polisieminister, Bheki Cele, se mislukking om uitvoerige misdaadstatistiek oor plaasmoorde en plaasaanvalle in te sluit by die statistieke vir die eerste kwartaal van die 2022/2023-boekjaar, bewys sy onbevoegdheid. ‘n Woordvoerder van die party, Crezane Bosch, sê die misdaadstatistiek beklemtoon wel veediefstal en sakeroof, maar misdade teen boere moet ook ingesluit word. Sy sê die weglating van hierdie statistiek misken die erns van misdade teen boere: