Valke stel nog ondesoekers aan in VBS-skandaal

Die Valke se hoof, Godfrey Lebeya, sê meer as 20 ondersoekers is aangewys om die VBS Mutual Bank-kwessie te hanteer. Ongeveer 27 mense is tot op hede in hegtenis geneem in verband met sowat 2 miljard Suid-Afrikaanse rand wat weens korrupsie en bedrog by die bank verdwyn het. Die gewese burgemeester en geskorste munisipale bestuurder van die Thulamela-munisipaliteit in Limpopo, Avhashoni Tshifhango, en die geskorste munisipale bestuurder, Emmanuel Maluleke, word ook by die saak betrek. Leneya sê die ondersoekers hanteer tans meer as 2 000 verklarings. Die saak het plaaslik baie belang omdat die verlore 200 miljoen Namibiese dollar van die bankrot SME Bank in VBS belê is.