TransNamib sal 340 aflê

TransNamib sal 340 van sy 1 309 werknemers aflê as deel van sy strategiese besigheidplan wat reeds in 2018 deur die kabinet goedgekeur is. Volgens die maatskappy se hoof uitvoerende beampte Johny Smith, sal 154 werknemers wat na aan aftrede is afgelê word saam met 186 werknemers wat deel vorm van departemente wat nie betrokke is by die maatskappy se kernbedrywighede nie. Smith sê die afleggings sal die maatskappy 44 miljoen dollar kos maar, hy sal jaarliks 25 miljoen dollar spaar. Smith sê die huidige personeelkostes beslaan 71 persent van die maatskappy se totale inkomste.