Geingob by die VN die week

President Hage Geingob is in New York vir die 76ste sitting van die Algemene Vergadering van die VN wat môre begin en tot die 30ste duur. Wydlopende aspekte soos onder andere die internasionale herstelproses in die lig van die Covid-19 pandemie, die behoeftes van die planeet met betrekking tot klimaatsverandering en menseregte is op die agenda van vanjaar se sitting. Dr. Geingob word vergesel deur mev. Monica Geingos en hulle sal na verwagting teen die einde van maand terugkeer Windhoek toe.