Werk maak amper 2 miljoen jaarliks dood

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê ‘n skokkende 1,9 miljoen mense wêreldwyd sterf letterlik elke jaar as gevolg van hulle werk. Volgens die eerste gesamentlike beramings van die WGO en die Internasionale Arbeidsorganisasie, was werkverwante sterftes en beserings in 2016 verantwoordelik vir die dood van 1,9 miljoen mense. Die direkteur-generaal van die WGO, Tedros Ghebreyesus, sê dit is ‘n wekroep tot aksie vir lande en sake-ondernemings. Hulle moet hou by hulle onderneming om oorhoofse dekking rakende arbeidsgesondheids- en veiligheidsdienste te verskaf: