TransNamib: omvang van skade onmoontlik om nou te bepaal

Die hoof uitvoerende beampte van TransNamib Johny Smith sê dit is op die oomblik moeilik om die omvang van die skade na ‘n tenkerwa vanoggend ontplof het by Döbra te bepaal. Die ongeluk vroeër vanoggend het groot aandag uitgelok met swart rookwolke wat Noord van die hoofstad gewaar is. Die oorsaak is nog nie bekend nie. Smith is op die toneel en het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.