Mali se regering omvergewerp, weer

Die tussentydse Adjunkpresident van Mali, Kolonel Assimi Goita het beheer van die land gevat nadat hy deel was van die groep militêre leiers wat die land se regering in Augustus verlede jaar omvergewerp het. Luidens berigte het hy Dinsdag beheer oor die land oorgeneem na ‘n nuwe regering gevorm is en hy nie geraadpleeg is nie. Die president, Bah N’Daw, en sy eerste minister, Moctar Ouane, het die kabinet geskommel en verskeie leiers wat saam met Goita in Augustus gewerk het, is uit hulle poste verwyder. Beide N’Daw en Ouane is in hegtenis geneem en word by ‘n militêre basis net buite die hoofstad Bamako aangehou.