Twee paspoorte – min plaaslike oortredings

Daar word nie dikwels gevalle van die diefstal van paspoorte of reisdokumente in Namibië aangemeld nie. Die adjunk-direkteur van die immigrasie-departement, Nehemia Nghishekwa, sê alhoewel die Namibiese ministerie van binnelandse sake mense waarsku om nie twee paspoorte te gebruik nie, is gevalle van sulke oortredings min. Nghishekwa verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.