TransNamib, Natau keer terug tafel toe vandag

Plaaslike berigte lui dat TransNamib en die betrokke vakbond Natau vandag samesprekings sal hervat. Dit kom nadat die meerderheid van die maatskappy se werkers sedert 17 Augustus staak. Volgens wat berig word, het TransNamib gevra dat die staking tydens die nuwe ronde onderhandelings eers afgelas moet word maar, die vakbond weier. Die maatskappy en vakbond onderhandel reeds sedert 2019. Werkers het hul eise stelselmatig afgebring met die laaste eis in Oktober 2021 vir ‘n 7 persent verhoging. TransNamib hou vol daar is geen fondse vir salarisverhogings nie en sê hy het reeds sy boeke oopgemaak vir die vakbond. Daar is ook berigte van intimidasie en vandalisme deur werkers en klagtes is reeds by die polisie gemaak.