Geingob se opvolger: Geslag behoort nie ‘n rol te speel nie

Die Afrika-kenner, dr. Charles Sinkala, sê dit is nie relevant of die nuwe president van Namibië ‘n man of ‘n vrou is nie. Daar is onlangs in die media bespiegel oor ‘n vroulike kandidaat vir Swapo in die komende algemene verkiesing van 2024 en sommige kenners sê Namibië is gereed vir ‘n vroue-president soos dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila of Netumbo Nandi-Ndaitwah. Sinkala sê die land het leierskap nodig en die geslag van die leier behoort nie die kandidaat te bepaal nie.