TransNamib het boeke vir vakbond oopgegooi

Die woordvoerder van TransNamib, Abigail Rautenbach het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die staking by TransNamib begin het. Die maatskappy se uitvoerende hoof Johny Smith, het reeds te kenne gegee dat daar geen fondse is vir ‘n verhoging nie en dat stakende werkers geen betaling sal ontvang nie. Rautenbach sê die boeke is aan die vakbond oopgegooi.

Sy sê TransNamib kan nie nou die impak van die staking aandui nie, maar ‘n gebeurlikheidsplan is reeds in plek.