Dieregesondheidsforum verwelkom verbod op vervoer van beeste

Die Nasionale Dieregesondheidsforum het die verbod op die vervoer van beeste landwyd in Suid-Afrika verwelkom, ná die uitbreking van bek-en-klouseer in verskeie provinsies. Die landbouminister, Thoko Didiza, het Dinsdag ‘n verbod geplaas op die vervoer van beeste in die land vir 21 dae. Die verbod sal weekliks hersien word. Die forum se voorsitter, Gerhard Schutte, sê alhoewel die siekte mense nie raak nie, kan die verbod handel beïnvloed.