Seun se liggaam in Kavangorivier gesoek

Inwoners van die Sinzogoro-nedersetting in die Kavango-Wes-streek probeer vrede maak met die verdwyning van ‘n 15-jarige seun. Die seun is Dinsdag glo deur ‘n seekoei aangeval terwyl hy besig was om sy visgerei in die Kavangorivier op te stel, en sy lyk is nog steeds nie gevind nie. Die polisie en amptenare van die omgewingsministerie is besig om na sy lyk te soek. Die ministerie kan geen geld weens mens-dier-konflik aan die slagoffer se familie uitbetaal voor sy doodsertifikaat uitgereik is nie. Romeo Muyunda, die ministerie se woordvoerder het aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik wat naasbestaandes van slagoffers moet doen in gevalle van geen liggaam en doodsertifikaat nie.