TransNamib genoodsaak om polisie in te roep, Natau boelie, intimideer

Die bestuur van TransNamib sê hy het bewyse dat die vakbond Natau en sy lede op die oomblik stakingsreëls oortree. Daar is berigte van skade aan maatskappy eiendom, intimidasie en afknouery. Die staking het verlede week Woensdag begin na salarisonderhandelings op ‘n dooiepunt uitgeloop het. Die maatskappy se woordvoerder Abigail Raubenheimer sê hulle is genoodsaak om die polisie in te roep en klagtes is reeds gelê.