Cincinnati maak geskiedenis

Daar is gisteraand geskiedenis gemaak in beide die mans- en vroue-afdeling by die Cincinnati Ope. Die wêreld nommer 152, Borna Coric van Kroasië, het die speler met die laagste posisie op die ranglys geword om ‘n meesterstrofee in te palm toe hy die vierde gekeurde Stefanos Tsitsipas van Griekeland geklop het. Coric het die grootste deel van die vorige seisoen misgeloop weens ‘n skouerbesering en kon deelneem danksy ‘n beskermde posisie op die wêreldranglys. Carolina Garcia van Frankryk het die eerste kwalifiseerder geword om ‘n WTA Een-duisend-titel te wen toe sy Petra Kvitova van die Tsjeggiese Republiek geklop het.