Kaderontplooiing is nie onwettig nie – Cyril

President Cyril Ramaphosa sê die ANC se beleid van kaderontplooiing is nie ongrondwetlik of onwettig nie. Dit is vervat in sy beëdigde verklaring in reaksie op die DA se hofaansoek teen die beleid. Hoofregter Raymond Zondo het in die staatskapingsverslag bevind die beleid is ongrondwetlik en oortree vyf verskillende onderafdelings van die Grondwet. Hy het ook bevind kaderontplooiing het aansienlik bygedra om staatskaping moontlik te maak. Ramaphosa sê die hele doel van kaderontplooiing was om seker te maak die staatsdiens voldoen aan die grondwetlike doelwit van hervorming.