TransNamib: Eerste veiling voltooi, wag nog vir syfers

Die eerste fase van TransNamib se veilings om sy nie-kerneiendomme regoor die land te verkoop, is Dinsdag voltooi. Eiendomme kom volgende op die lys maar, personeel sal eerste opsie hê voor die bates in die mark geplaas word. TransNamib poog om ten minste 2,5 miljard Namibiese dollar in te samel vir die implementering van sy omkeerplan. Abigail Raubenheimer, die maatskappy se woordvoerder, sê hulle wag nog op die finale syfers wat behaal is.