Meeste vliegongelukke het niks met aanloopbane te doen nie

Die noodlottige ongeluk by Impalila-eiland het weer die toestande van landelike aanloopbane na vore gebring. Daar was sprake dat die aanloopbaan op die eiland nie in ‘n goeie toestand is nie maar, die president van die Namibiese Aircraft Owner’s and Pilot Association sê vliegtuig-ongelukke het feitlik niks met landelike aanloopbane te doen nie. Hy gesels met Kosmos 94.1 Nuus.