Brakwater-inwoners vergader met Stadspolisie, sat vir misdaad

Die inwoners van Brakwater sit met hul hande in hul hare. Misdaad ruk handuit in die gebied en boewe raak nou so astrant, dat hulle sommer ‘n ete kook terwyl die huiseienaars vasgebind is. Bert Laaser, ‘n jarelange Brakwater-inwoner sê hulle vergader vanmiddag met Stadspolisie om ‘n oplossing te soek.