Transito-rooftogte, wielmoere aan die kus onder die loep

Die Erongo-polisie sê die vergadering met rolspelers in die kontant in-transito-bedryf het uiters goed verloop. Die mag het besluit om die vergadering te belê na die soveelste roof van die voertuie. Inspekteur Ileni Shapumba gesels met Kosmos 94.1 Nuus.

Hy sê verder dat hulle ook gehoor het van ‘n insident waar wielmoere blykbaar aspris op voertuie losgemaak word om vermoedelik ongelukke te laat ontstaan. Maar, hy sê daar is nog geen saak by hulle gemaak of klag in die verband aangemeld nie. Hy doen ‘n beroep op lede van die publiek wat hierdeur geraak is om met die polisie kontak te maak.