Banke eis meer as N$50m in die mosiehof

Kommersiële banke het helfte van die aansoeke om verstekvonnisse vanoggend in die mosiehof gebring. Regters Esi Schimming-Chase en Philanda Christiaan het 141 aansoeke hanteer met 70 wat deur die banke gebring is. Daar was 20 reël 108 aansoeke op die rol. Daar is 32 eiendomslenings ter waarde van 31,67 miljoen Namibiese dollar wat nou betaalbaar is, met 34 lenings waarop 18,36 miljoen dollar geskuld word. Vier voertuie moet ook terugbesorg word. In Maandag se sessie sal regter David Munsu 23 onverdedigde egskeidings hanteer.