Transgender Australiese sewesrugbyspeler sê die oorgang was moeilik

Rugby: ‘n Afgetrede Australiese sewesrugby-gouemedaljewenner, Ellia Green, het die eerste Olimpiese Speler geword wat ‘n geslagsverandering ondergaan het. Green het sy oorgang in ‘n video aangekondig wat deur die twee-jaarlikse Binghambeker Wêreldkampioenskap vir gay en inklusiewe rugby geplaas is. Green sê sy oorgang is gemotiveer deur die begeerte om getrou te wees aan homself ná sy sport-loopbaan. Hy was ‘n spreker tydens die Transfobie en Homofobie in Sport-segment van ‘n beraad. Green het bygevoeg die oorgang is nie maklik nie.