Transaksie tussen Heineken, Distell en NBL goedgekeur

Die Namibiese Mededingingskommissie het voorwaardelik die Heineken, Distell  en NBL-transaksie goedgekeur. Alhoewel die transaksie nog in verskeie ander jurisdiksies goedgekeur moet word, is die kommissie se goedkeuring ‘n belangrike mylpaal in die regulering en goedkeuring van die proses. Leon Fouché, besturende direkteur van Distell Namibia sê totdat die transaksie ten volle afgehandel is, gaan sake soos gewoonlik voort vir NBL, Distell Namibia en Heineken. Hy sê NBL en Distell Namibia is en bly trots Namibiese ondernemings en saam sien hulle daarna uit om ‘n streeks-drankkampioen te skep.