Eskom: Fase 3-beurtkrag duur tot Maandag

Eskom het bevestig fase 3-beurtkrag geld tot vyf-uur Maandagoggend. Die woordvoerder van Eskom, Sikonathi Mantshantsha, sê fase 2-beurtkrag sal daarna elke dag volgende week ingestel word. Mantshantsha sê die fase-verhoging is weens die verlies vanoggend aan ‘n bykomende vyf opwekkingseenhede.