Tradisionele leiers vergader die week

Die 23ste jaarvergadering van die Raad van Tradisionele Leiers is op die oomblik aan die gang op Eenhana, Ohangwena-streek. Die geleentheid word oor vyf dae gehou en sal fokus op vervoerverwante kwessies vir tradisionele leiers, uitdagings in die implementering van die Wet op Gemeenskapshowe, harmonisering van Gewoontereg en maatreëls om die lae opname van Covid-19-entstowwe aan te spreek. Die Namibiese minister van stedelike en landelike ontwikkeling Erastus Uutoni het die groep tradisionele leiers toegespreek.