Basson gesels oor Kanyama-aangeleentheid

Die skietvoorval waarin die bekende sakeman Shapwa Kanyama, glo die naweek by ‘n klub in Klein Windhoek betrokke was, het vrae onder die publiek laat ontstaan of hy bo die gereg verhewe is. Kanyama wat volgens die polisie aangekla is van aanranding met die opset om ernstig te beseer en poging tot moord met ‘n alternatiewelik klag van die nalatige hantering van vuurwapen, is nie dadelik in hegtenis geneem nie. Voorlopige polisie-ondersoeke dui aan dat Kanyama met iemand baklei het en hom met ‘n vuurwapen geslaan het. Daarna het hy glo sy vuurwapen gespan en in die proses het die koeël afgegaan en ‘n motorwag getref. Kosmos 94.1 Nuus het aan die Khomas-polisiebevelvoerdere, kommissaris Ismael Basson, waar m is Kanyama nie dadelik in hegtenis geneem nie? Basson het só geantwoord …