Toyota stig Ondernemingsklimaatfonds

Die voertuigvervaardiger, Toyota, sê hy is besig met grootskaalse pogings om sy doel van koolstofneutraliteit te bereik. As deel van hierdie pogings, het die maatskappy ‘n wêreldwye beleggingstrust, die Toyota Ondernemingsklimaatfonds gestig. Die maatskappy se hoof produksie-beampte, Masamichi Okada, sê hulle beoog om die maatskappy se fabrieke regoor die wêreld teen 2035 koolstofneutraal te hê en streef daarna om groen-maatskappye te skep. Hy sê koolfstofneutraliteit het die geleentheid verskaf om die maatskappy se denke oor vervaardiging aan te verander.