Covid-19: 70 sterfgevalle in 12 distrikte

Die Namibiese gesondheidsministerie het 70 sterfgevalle in 12 distrikte aangekondig, asook 1 193 nuwe Covid-gevalle uit 2 856 resultate. In die groep is 125 leerders, 12 onderwysers en sewe elk studente en gesondheidswerkers. Daar is nou 23 328 aktiewe gevalle, waarvan 554 in hospitale en 105 in intensiewesorgeenhede is. Van al die bevestigde gevalle het 14 hul Covid-inentings ontvang, waarvan drie ten volle ingeënt is. Die adjunkminister, dr. Esther Muinjangue, gee die jongste syfers.