Toyota-aanleg in Durban sal Maandag sluit

Die voertuigvervaardiger Toyota, sê sy perseel by die Prospecton-aanleg suid van Durban sal Maandag gesluit bly  weens die EFF se beplande nasionale protes. In ‘n verklaring beskryf die maatskappy die dag as ‘n nie-produksiedag. Toyota sê kommer oor die veiligheid van sy werknemers en die risiko van ontwrigting van sy produksie-ketting is bydraende faktore. Toyota het onlangs weer sy deure oopgemaak ná die skade en verwoesting wat hy gely het tydens die vloede in April verlede jaar in KwaZulu-Natal.