Geen borgtog vir taxibestuurder wat glo leerder verkrag

Die 35-jarige taxibestuurder, Lorenzo Aludhilu, wat daarvan aangekla word dat hy ‘n agt-jarige meisie verkrag het, is borgtog in die Oshakati-landdroshof geweier. Aludhilu is gekontrakteer om die meisie daagliks skool toe en terug te vervoer, maar het glo op verskillende plekke gestop en die slagoffer in sy taxi tussen Ekuku en Ongwediva verkrag. Sy saak is tot 26 Junie uitgestel.