Rugby: Ierse kaptein hang stewels op

Rugby: Vanmiddag se kragmeting tussen die gasheer, Ierland, en Engeland sal die 60ste en laaste Sesnasies-wedstryd wees vir die Ierse kaptein, Johnny Sexton. Hy tree na vanjaar se Wêreldbeker-toernooi in Frankryk uit internasionale rugby. ʼn Oorwinning sal aan die tuisspan hulle eerste Grand Slam sedert 2018 besorg nadat hulle reeds Skotland, Frankryk, Italië en Wallis geklop het. Die 37-jarige losskakel sê vandag gaan nie oor hom nie maar oor die span, maar hy vertrou steeds hy sal die skare in Dublin se harte bly maak.