Britte moet hulle verstand gebruik

Die Britse eerste minister, Boris Johnson, sê hoewel bykans alle Covid-19-inperkingsregulasies aanstaande Maandag opgehef gaan word, moet mense steeds hul gesonde verstand gebruik. Die jongste regeringsinligting toon die Verenigde Koninkryk het meer as 34 471 nuwe gevalle oor die vorige 24-uur-verslagtydperk aangemeld. Johnson sê die realiteit is dat sterftes en hospitaliserings gaan toeneem wanneer inperkings opgehef gaan word: