Betogers gekant teen selfdegeslaghuwelike ruk op na hof

‘n Handjievol betogers wat gekant is teen selfdegeslaghuwelike en die herroeping van die sodomiewet het vandag na die Windhoek-hoërhof opgeruk. Die hof gaan môre uitspraak lewer in die saak van drie selfdegeslagpaartjies wat veg vir die erkenning van hul huwelike in Namibië. Namibia Equal Rights Movement nooi die publiek uit om Anette Seiler en Anita Seiler-Lilles môre by die Windhoekse hoërhof te ondersteun. Die egpaar het die regering gedagvaar nadat die ministerie van binnelandse sake en immigrasie Seiler-Lilles se aansoek om permanente verblyf van die hand gewys het, omdat dit nie hul Duitse selfdegeslaghuwelik erken nie.