TotalEnergies vir nog 10 putte boor

Na ‘n reuse-ru-olie ontdekking in Februarie vanjaar, wil TotalEnergies weer aansoek doen vir ‘n omgewingsimpakstudie in blok 2912 in die Oranje-bekken. Dit volg na ongeveer 13 miljard vate se ru-olie net langsaan, in blok 2913B deur die Franse maatskappy in Februarie aangekondig is. Die konsultante SLR hanteer die proses en sê openbare inligtingsvergaderings word vanaf 21 tot 25 November in Windhoek, Walvisbaai en Lüderitz gehou. TotalEnergies will nog 10 putte in die blok boor. Waterdiepte in die blok, wat meer as 5 000 vierkante kilometer groot is en 350 kilometer suidwes van Lüderitz geleë is, wissel tussen 2 900 en 3 700 meter. Belanghebbendes kan ook registreer en die konsep-oorsigverslag sal beskikbaar wees vir kommentaar tussen 15 November en 16 Desember.